Monday, March 27

Welkom aan al die Suid-Afrikaanse Lesers van my blog!



Een van die groot plesiere is om te kan opkyk wie almal die blog lees, en baie gereeld is daar lesers in Suid-Afrika wat 'n bietjie tyd hier kom spandeer.

Aan julle almal se ek 'n ekstra warm welkom! -- dit is sommer lekker om julle hier in Frankryk, ver van huis en familie en vriende, in my nuwe tuiste te ontvang! Kuier so lank as wat julle wil, en kyk wat maak 'n boeremeisie van Pretoria-herkoms in die land van haar voorvaders.

En moenie huiwer om te kliek op die "Comments" onder aan enige een van die artikels -- en 'n boodskap/opmerking/vraag/kommentaar, of net jul eie groetnis te skryf nie!

Ek wag net vir my eerste Suid-Afrikaanse besoeker, en die vlag sal trots waai voor die Franse chateau!



Click on Link:

  • Chateau Lalinde : The perfect venue for your event


  • TAGS:









    Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...